LifestyleNewsNews

Pistool gekry ná urelange soektog

Ná 'n urelange soektog deur polisieduikers van Bloemfontein en Welkom, is die pistool van die vermoorde mnr. Hansie Raath Dinsdag in die Valsrivier by Kroonstad gekry. Die 28-jarige man wat verdink word van die moord en wat reeds voor die hof verskyn het, Tsietso Joseph Mangola, het die plek waar hy die pistool in die rivier gegooi het, Sondag aan die polisie uitgewys.

Ná ‘n urelange soektog deur polisieduikers van Bloemfontein en Welkom, is die pistool van die vermoorde mnr. Hansie Raath Dinsdag in die Valsrivier by Kroonstad gekry. Die 28-jarige man wat verdink word van die moord en wat reeds voor die hof verskyn het, Tsietso Joseph Mangola, het die plek waar hy die pistool in die rivier gegooi het, Sondag aan die polisie uitgewys.

Volgens Mangola was die 9mm Star Parabellum wat aan Raath behoort het, die wapen wat gebruik is in die moord verlede Saterdag (19 September) op Raath en twee jong seuns op die familieplaas in die Vredefort-distrik.

Hansie Raath en die vier kinders wat die naweek op die plaas gekuier het, was almal in die kombuis doenig toe die verdagte skielik na die slaapkamer is en teruggekeer het na die kombuis met die vuurwapen. Hy het Raath sonder waarskuwing geskiet. Mosolodi en Mohlamme het probeer weghardloop en is noodlottig gewond. Raath en die kinders is op die toneel dood. Die ander twee kinders kon daarin slaag om weg te kom en die polisie te skakel.

Die liggame van Katleho Mosolodi (15) en , (11) is intussen gister in Sasolburg by die staatslykshuis uitgeken. Mosolodi was ‘n leerling van die Gekombineerde Skool Chris van Niekerk in Vredefort, terwyl Mohlamme ‘n leerling van die Seotlo plaasskool was.

Katleho was een van die leerlinge wat deel was van ‘n program van die Vrystaatse regering waarmee kinders vioollesse by die skool kry.

Die polisie het intusssen die saak teen nog ‘n verdagte wat Sondag in hegtenis geneem is, teruggetrek. Hy was as medepligtige aangekla, maar daar was nie genoeg bewyse om hom te vervolg nie, het die polisie gesê.

Mangola verskyn weer op 28 September voor die hof vir ‘n formele borgaansoek.

Raath het gereeld van die plaaskinders gehelp met finansiële ondersteuning en was die verdagte ook goed aan hom bekend. Ook hy is deur Raath finansieel en moreel vir die afgelope jaar ondersteun.

Related Articles

Back to top button