NewsNews

Hulppakkette aan ses skole

Hulppakkette aan ses skole

AfriForum se Bothaville-tak het hulppakkette aan ses skole in die dorp en omgewing geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die skole wat pakkette ontvang het, is Hoërskool Bothaville, Eben Dönges Primêre skool, Loskuil-, Humansvlakte- en Kleinbroek Plaasskool. Die Loebi La-la-kleuterskool sal hulle pakket ontvang sodra hulle mag oopmaak. Die pakkette wat uitgedeel is se waarde beloop ongeveer R35 000.

 

“Die Bothaville-tak is dankbaar om hierdie skole te kon bystaan om te verseker dat kinders veilig terugkeer skool toe. Dis belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood ondersteun en ophef,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak en te verseker dat skole op ’n veilige wyse funksioneer. SMS “Bothaville” na 31481 (R1) om betrokke te raak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button