NewsNews

Stil strate maak plek vir voete en vreugde

Groot dankbaarheid by sakelui

Daar’s hoop!

Dit was vandag, Saterdag 4 Julie die woorde van verskeie sakelui in Parys nadat die dorp se hoofstraat vir die eerste keer sedert die nasionale staat van inperking weer voete en beweging gehad het by die talle winkels en restaurante in die dorp. Broodnodige besoekersvoete wat die hartklop is van die Vrystaatse dorpie was totaal afhanklik is van toerisme vir sy voortbestaan.

Sedert einde Maart vanjaar was die stil strate en herfsblare wat in hopies op die winkelstoepe gelê het voor toegesluite winkeldeure, ‘n hartseer herinnering van wat eens die gesig naweek vir naweek in die dorp was toe dit gewemel het van mense wat in die strate rondgedrentel het om die dorp se gasvryheid te beleef.

Hoewel dit vir baie besighede nog lank sal neem om te herstel,  en ander nie die terugslag oorleef het nie, was wat vanoggend gesien is, net weer ‘n asemskep van hoop.

 

Parys sê dankie aan elke besoeker en elke inwoner wat ten spyte van uitdagende tye weer die dorp laat lewe het!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button