News

DBV kom tot baba bobbejaantjie se redding

DBV kom tot baba bobbejaantjie se redding

Behalwe vir hul normale take kry hulle ook gereeld met buitengewone gevalle te doen, soos die Alberton SPCA wat die afgelope week tot die redding van ‘n baba bobbejaantjie gekom het.
‘n Boodskap is op Facebook gedeel deur iemand wat gesê hy wil “sy baba bobbejaan” verkoop. Dié boodskap het soos veldbrand versprei op sosiale media en gelukkig het dit ook onder oë van die DBV beland.
Met behulp van die gemeenskap het DBV-inspekteur Sipho die “babbatjie” opgespoor en is hy nou veilig by Johannesburg Wildlife Vet, waar hy beslis ‘n baie beter lewe sal hê as wat hy aan enigiemand anders verkoop sou word.
‘n Wonderlike wen vir die DBV en natuurlik klein Adonis!
* Ondersteun asb. die plaaslike DBV-takke in jou gemeenskap en help hulle so om voort te kan gaan om diere in nood te help.

Foto’s van die klein bobbejaantjie wat onlangs op Facebook te koop geadverteer is.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

DBV kom tot baba bobbejaantjie se redding

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button