NewsNews

Oud Parys-sakeman oorlede

Oud Parys-sakeman oorlede

Die foto van Kobus en sy kleindogter, Heidi,  is verlede jaar Desember geneem toe sy by haar oupa in die Kaap gaan kuier het. 

 

Baie Parysenaars sal die vriendelike gesig en innemende geaardheid van Kobus Swart onthou wat vir baie jare aanvanklik eers JB’s Tuindienste, en later ook van 2008 af JB’s Loodgietersdienste in die dorp bedryf het.

Kobus is Donderdag 2 Julie op 57-jarige ouderdom in sy geboortdorp, Riversdal, oorlede.

Fase 4 maagkanker is drie weke gelede by hom gediagnoseer en het die kanker ook na sy lewer versprei Hy is vroeër die week gehospitaliseer waar hy aan komplikasie oorlede is.

‘n Roudiens vir Kobus sal in Riversdal gehou word.

Kobus het destyds van Odendaalsrus na Parys verhuis,  en het sowat drie jaar gelede teruggetrek Kaap toe na sy geboortedorp.

Hy was sy lewe lank lief vir hengel en kamp en het sy geloof en die kerk hom na aan die hart gelê.

Hy word oorleef deur sy vrou, Delmarda, sy dogter, Eliska, seun JB, kleindogter Heidi, Julius Rencken en Lodewyk Swart, asook sy drie broers en twee susters.

Ons opregte medelye met sy gesin en familie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button