NewsNews

Roudiens vir ingenieur Donderdag gehou

Roudiens vir ingenieur Donderdag gehou

“Jan was ’n vriend vir baie. ’n Man met ’n hart van goud. Hy het met ’n glimlag en humor deur die lewe gestap.”
So is daar hulde gebring aan die ontslape ingenieur, Jan Marais, wat op 23 Junie, net buite Parys in ’n motorongeluk gesterf het. Hy was van ’n vergadering onderweg na Parys waar hy en sy vrou, Alet, die afgelope sowat 10 jaar gevestig was.
Jan het as ingenieur vir die firma FL Smidth in Roodepoort gewerk.
Hy het op die grondpad vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna dit gerol het. Hy was alleen in die voertuig en is op die toneel oorlede.
Jan word oorleef deur Alet en laat sy dood ’n groot leemte in die lewens van sy familie, vriende en ingenieurskollegas.

Die roudiens sal op Donderdag 9 Julie in Johannesburg gehou word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button