NewsNews

Lisensiekantoor se deure bly toe

Lisensiekantoor se deure bly toel

Die Vredefort Verkeersdepartement se lisensie- en toetsstasie is na maande steeds gesluit na ’n inbraak in September
2019 toe rekenaars uit die gebou gesteel is. Die rekenaars was gekoppel aan die eNaTis-verkeersstelsel. Die stelsel word
beheer deur die Road Traffic Management Corporation (RTMC). Volgens Hilary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer, was daar nog nie fondse om die rekenaars te vervang nie, en kon die
sentrum daarom nog nie weer open nie. Sy raai inwoners van Vredefort aan om na enige nabygeleë lisensie- en toetsstasie
te gaan, insluitend Parys, Sasolburg en Kroonstad. Onthou om jou bewys van adres saam te neem.
* Ook by die Parys lisensie- en toetsstasie het diefstal al in die verlede groot verliese en ontwrigting van werksaamhede veroorsaak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button