
Motoriste sal van Woensdag 1 Julie na alle waarskynlikheid ‘n hele R1,73 per liter meer vir petrol, en R1,74 meer vir diesel met ‘n o,05% swaelinhoud moet betaal. Paraffien styg met R2,15 per liter.
Dit beteken dat brandstofpryse dan vir die tweede maand in ‘n ry styg.
In Junie moes motoriste R1,18 per liter meer vir petrol betaal, terwyl daar onderskeidelik 21c en 22c meer vir diesel betaal moes word.
Die styging vir diesel is op groothandelpryse omdat kleinhandelpryse van diesel nie gereguleer word nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



