Rudi se vrou, Suzette, het op sosiale media gesê dat dit vir haar vreeslik moelik is om nie haar man te kan sien terwyl hy in hospitaal opgeneem is nie. Rudi sukkel om oor die foon te praat, boonop haal hy moeilik asem en selfs die suurstof wat hy kry help nie veel nie.
“Die dokter was by hom en hulle sal x-stale neem om seker te maak dat alles reg is met sy longe. Ons weet Rudi is by een van die beste dokters in die land en ek is seker dat oor tyd sal alles uitgesorteer word,” sê Suzette.
Rudi het gevra dat al julle ondersteuners vir hom sal bid dat dit net wel ‘n nagevolg is van die operasie, en dat daar nie iets anders verkeerd is nie. Suzette sê hy het seer en is bang en dit glad nie lekker vir hom in die hospitaal te wees sonder besoekers nie.
“Ons hou julle op hoogte soos ons verder nuus kry. Ons het duisende boodskape van al sy getroue ondersteuners ontvang en ek persoonlik wil almal bedank vir wat julle vir my man beteken. Vir ‘n sanger is dit juis die liefde van die ondersteuners wat hul deur die moelike tye dra,” sluit Suzette af.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
Nog ‘n Afrikaanse-sanger in hospitaal





