BlogsOpinions

Isolasie inspirasie: Die jaar begin by Dag 1

Isolasie inspirasie: Die jaar begin by Dag 1

As ek aan die eerste ses maande van 2020 dink is dit amper onmoontlik om my kop om al die gebeure te kry. Wat ‘n interessante jaar is dit nie. Natuur en mens moes van sy daaglikse haas na niks tot totale stilstand geruk word.
In hierdie tyd het ek my medemens in ‘n ander lig gesien en bekyk, want sien – ek het die tyd gehad en natuurlik het die media dit vir my moontlik gemaak al was ek aan die anderkant van die wêreld.
Een ding het baie duidelik uitgestaan – ons as mens is wonderlike wesens. Ons het die vermoë om te redeneer, te dink, te reageer en besluite te maak. Baie van ons besluite dalk nie so wys nie. Soms draai ons besluite om ons eie wêreld en mis ons die res van die samelewing, en ander kere dan weer net die teenoorgestelde en offer ons, ons eie gemak en vrede op om ander te help. Die mens en natuur is aanpasbaar. Ek dink die belangrikste van al hierdie gebeure is dat baie weer by hulself uitgekom het.

Van ons het tyd gemaak om te gaan sit en dink oor wat die toekoms gaan inhou en wat ons gaan doen om dinge te verander. Ek het gelees van mense wat beroepsveranderinge moes maak omdat besighede tot niet gegaan het. ‘n Persoon wat selfs op die ouderdom van 80 geleer het om te lees. Vriende wat mekaar aanspoor om ‘n lys te maak van wat hulle nog wil doen in hulle lewe – die bekende ‘Bucket list”
Die gesegde van skouer aan die wiel sit het vir my sterk uitgestaan met die wete dat mense nie bereid is om net te gaan lê nie.

Maar dan sien ek goed soos. ‘Nee vriendin 2020 is ‘n gemors, my emmer het in die put geval” of “my finansies is nou so ‘n gemors my lewe is ‘on hold’. Hartseer en die werklikheid van baie mense se lewens op die oomblik.
Die mens se vermoë om te droom en nie te gaan lê nie is een van ons sterkse kenmerke. Die hoop vir môre. Alles begin by jouself, jou keuse van – wat nou? Waarheen van hier af? Hoe gaan jy by jou doel uitkom?
Niemand kan jou wedloop vir jou hardloop nie, en niemand kan hom vir jou voltooi nie. Die jaar 2020 het verseker net 12 maande soos elke jaar voor hom, en soos die res wat hom gaan volg, maar dit beteken nie dat jou jaar op 1 Januarie moet begin nie, of dat jy in ‘n jaartal moet vaskyk nie. Die jaar begin by dag 1, die dag wat jy die eerste tree gee.
Ons nuwe werkende jaar het eers op 17 Mei 2020 begin en nou moet ons dit laat geld, en laat werk na die beste van ons menslike vermoë.
Ons hou vas aan God se genade, ons maak staat op sy voorsiening, want hy het ons tot hier gebring. Verseker nie om ons net te los om te sê swem nie, maar om te sê klim uit die bootjie waarin jy nou is en loop, want Ek is by jou en Ek sal jou die krag gee.

Niks is onmoontlik nie en die son gaan verseker môre weer opkom. Die winter gaan verbygaan en plek maak vir nuwe groei van die Lente.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button