Meer as 100 dae nadat die Covid-19 virus in Suid-Afrika uitgebreek het, en na meer as twee maande van inperking, is ook Suid-Afrika se ekonomie vasgevang in die wêreldwye krisis wat beskryf word as ‘n werkloosheid-tsoenami.
Italië, Brittanje, Amerika, Duitsland, Indië en China en amper elke ander land wat inperking gehad het, het werksverliese gehad.
In sy weeklikse nuusbrief skryf president Cyril Ramaphosa dat moeilike dae voorlê en dat hy meen klein besighede sal selfs nog meer sukkel en harder getref word as verskeie groter maatskappye in ‘n verskeidenheid van sektore wat alreeds aangedui het dat hulle mense sal moet aflê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



