NewsNews

Leonel hoor môre wat die pad vorentoe vir haar inhou

Leonel hoor môre wat die pad vorentoe vir haar inhou

Dit gaan baie beter met die 4-jarige Leonel Riekert van Parys en sy speel en lag weer. ‘n Skêr het op Dinsdag, 2 Junie haar linkerwang gepenetreer en ernstige skade aan haar linkeroog aangerig, toe sy met die skêr in haar handjies geval het.

Leonel het steeds nie sig in haar oog nie, maar sy en haar ouers, André en Mari wag in spanning om te hoor wat dr. Bernard Wolff, ’n vitreo-retinale spesialis, sal sê wanneer sy hom môre, Vrydag 19 Junie, moet sien om te hoor wat die pad vorentoe vir haar is.

Twee operasies is reeds op haar linkeroog gedoen – om die wond te heg, en ook verlede week om die skade aan haar retina te probeer herstel.
Hoewel daar nog ’n lang pad na herstel vir Leonel voorlê, is die gesin oneindig dankbaar vir elke gebed en elke bydrae wat gemaak is tot die trustfonds wat vir Leonel gestig is om haar mediese kostes te betaal.

Die gesin het nie ’n mediese fonds nie en die staat kan tans nie sulke delikate operasies doen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button