News

Bloedskenkermaand: Jy kan help

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi Parysenaars om die bloedskenk kliniek op Dinsdag 23 Junie in Parys te ondersteun by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00. Wêreld-bloedskenkermaand word gedurende Junie regoor die wêreld gevier, en is 14 Junie dan ook Wêreld-bloedskenkerdag gewees, Met Wêreld-bloedskenkermaand word internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee. So word bewusmaking geskep vir …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi Parysenaars om die bloedskenk kliniek op Dinsdag 23 Junie in Parys te ondersteun by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00.

Wêreld-bloedskenkermaand word gedurende Junie regoor die wêreld gevier, en is 14 Junie dan ook Wêreld-bloedskenkerdag gewees,

Met Wêreld-bloedskenkermaand word internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee. So word bewusmaking geskep vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte, en word erkenning gegee aan die talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers.

Boonop word die fokus met die veldtog geplaas op die beskikbaarheid en gepaste gebruik van veilige bloed en bloedprodukte.

Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsameling weens ʼn toename in tipiese wintersiektes, soos verkoues en griep, wat ʼn reuse impak het op die insameling van bloed. Dit plaas die Bloeddiens onder ontsaglike druk om genoeg, veilige en goeie kwaliteit bloed in te samel.

 

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16-75 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • Iets voor jou skenking eet
  • ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van skenking.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button