News

Bloedskenkermaand: Jy kan help

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi Parysenaars om die bloedskenk kliniek op Dinsdag 23 Junie in Parys te ondersteun by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00. Wêreld-bloedskenkermaand word gedurende Junie regoor die wêreld gevier, en is 14 Junie dan ook Wêreld-bloedskenkerdag gewees, Met Wêreld-bloedskenkermaand word internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee. So word bewusmaking geskep vir …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi Parysenaars om die bloedskenk kliniek op Dinsdag 23 Junie in Parys te ondersteun by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00.

Wêreld-bloedskenkermaand word gedurende Junie regoor die wêreld gevier, en is 14 Junie dan ook Wêreld-bloedskenkerdag gewees,

Met Wêreld-bloedskenkermaand word internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee. So word bewusmaking geskep vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte, en word erkenning gegee aan die talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers.

Boonop word die fokus met die veldtog geplaas op die beskikbaarheid en gepaste gebruik van veilige bloed en bloedprodukte.

Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsameling weens ʼn toename in tipiese wintersiektes, soos verkoues en griep, wat ʼn reuse impak het op die insameling van bloed. Dit plaas die Bloeddiens onder ontsaglike druk om genoeg, veilige en goeie kwaliteit bloed in te samel.

 

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16-75 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • Iets voor jou skenking eet
  • ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van skenking.

 

 

Related Articles

Back to top button