News

Woede oor krag

Inwoners eis antwoorde

Hoewel die dorp se kragtoevoer net na 17:00 weer herstel is, het meer as 800 woedende inwoners van die Tumahole woonbuurt op die Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, en munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer by die Tumahole munisipale kantore vroeër vanmiddag gewag om aan hulle te verduidelik waarom die hele dorp die afgelope twee weke al swaar gebuk gaan onder rotasie beurtkrag.

Daar gekom is gewag vir n luidsprekerstelsel sodat daar met die groep gepraat kan word, maar het die woede breekpunt bereik met die gewag en frustrasie oor krag, en is bande gebrand en skade aan die Tumahole munisipale kantoor en omheining aangerig.

Die gevolg was dat daar toe nie met die groep gepraat is nie uit vrees vir die munisipale bestuur en raadslede se veiligheid wat met polisie begeleiding uit die woonbuurt geneem is, het die munisipale bestuurder mnr. Kannemeyer gesê.

Die burgemeester is daarna deur die munisipale bestuur aangeraai om met die leiers van die groep by n ander geleentheid om n tafel te gaan sit, het hy gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button