NewsNews

So lyk syfers nou vir Ngwathe en in die Vrystaat

Syfers styg

Die Vrystaat het tans 501 bevestigde gevalle van Covid-19 met 206 mense wat al van die virus herstel het. Elf mense is ook reeds in dié provinsie dood aan die virus.

‘n Totaal van 2 455 010 siftingstoetse is in die provinsie gedoen, en 35 137 toetse deur NHLS.

Van die 5 553 kontaktes in die provinsie is 5368 suksesvol opgespoor.

Teen 16 Junie was daar 20 nuwe gevalle sedert die laaste verslag waarvan 12 nuwe gevalle in die Fezile Dabi-distrik was wat die totaal vir Fezile dan op 68 te staan bring.

Die Ngwathe syfer wat die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville insluit, het met 2 gevalle gestyg van 19 na 21.

By die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad het 10 verpleegpersoneel waaronder 2 dokters, 5 verpleegsters, 1 admin personeel en 2 kliniese ondersteunings personeel ook reeds positief getoets vir die virus, het die departement van gesondheid gesê.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button