
Die Vrystaat het tans 501 bevestigde gevalle van Covid-19 met 206 mense wat al van die virus herstel het. Elf mense is ook reeds in dié provinsie dood aan die virus.
‘n Totaal van 2 455 010 siftingstoetse is in die provinsie gedoen, en 35 137 toetse deur NHLS.
Van die 5 553 kontaktes in die provinsie is 5368 suksesvol opgespoor.
Teen 16 Junie was daar 20 nuwe gevalle sedert die laaste verslag waarvan 12 nuwe gevalle in die Fezile Dabi-distrik was wat die totaal vir Fezile dan op 68 te staan bring.
Die Ngwathe syfer wat die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville insluit, het met 2 gevalle gestyg van 19 na 21.
By die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad het 10 verpleegpersoneel waaronder 2 dokters, 5 verpleegsters, 1 admin personeel en 2 kliniese ondersteunings personeel ook reeds positief getoets vir die virus, het die departement van gesondheid gesê.





