NewsNews

‘As ’n kind kom kuier’ hou luisteraars voor die radio

* As jy Zelda se radiodrama misgeloop het, kan jy op RSG se webtuiste by potgooi daarna gaan luister.

Wanneer ’n terminaal siek kankerlyer en weduwee in Northcliff, en haar versorger een aand ’n besoek van ‘Dollar’ – ’n inbreker kry, verander dié besoek al drie se lewens.
Die storie – “As ‘n kind kom kuier” uit die pen van bekroonde skrywer en Parysenaar, Zelda Bezuidenhout, het luisteraars verlede Donderdag vasgenael voor die radio gehou.
Dié radiodrama – ’n eerste vir Zelda, het haar verlede jaar ‘n tweede plek in die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie besorg.
Haar eerste pennevrug, die jeugroman “As mens geluk kon proe” is in 2017 as naaswenner in die Lapa Jeugromankompetisie bekroon. ’n Grootwordstorie wat jou die humor van tienerwees laat ‘proe’.
Daarna het nog ‘n jeugroman, “”Die 6 weke van Thomas en Ella” gevolg, en toe ook die groot sukses van haar eerste tree in die volwasse mark, “Die dekonstruksie van Retta Blom”. ’n Ongelooflike roman wat jou dwing om weer die ‘naakte waarheid’ in die oë te kyk wanneer jy verby die ‘volmaaktheid van venstervertoon kyk.
Die hoofrolle vir haar radiodrama, “As ‘n kind kom kuier”, is vertolk deur Antoinette Kellermann (in die rol van die bejaarde Elna) en June van Merch (Vanessa, die versorger), met Joanie Combrink as regisseur.
Zelda was vroeër ’n tweetalige kopieskrywer vir reklamemaatskappye in Johannesburg, waarvan sy die laaste 20 jaar hoofsaaklik vryskut gewerk het.
Boekskryf was nie in haar beplanning nie, maar toe sy die geleentheid gekry het om ‘n Slypskool by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus by te woon, het sy die ‘boek’ in haar ontdek.
In net ses weke het sy haar eerste jeugroman voltooi.
Zelda is in Zambië gebore, maar die Vrystaatse dorpie Hennenman was haar grootword-dorp.
Vyf jaar gelede was dit tyd om weer die Vrystaat nader aan haar hart te trek toe sy en haar man, Izak, en dogter, Mia, Krugersdorp verruil het vir die breë strate en stoepkuier-winkels van Parys wat toe lankal al vastrapplek in hul harte gekry het.
* As jy Zelda se radiodrama misgeloop het, kan jy op RSG se webtuiste by potgooi daarna gaan luister.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button