BlogsOpinions

Isolasie inspirasie: “Monkey see, monkey do”

Een ding glo ek, en dit is “Monkey See, Monkey Do”.

Drie weke terug in die klas en daagliks besef ons dat dit nie makliker raak nie, maar dat die een krisis net opgelos word sodat daar plek gemaak kan word vir ‘n volgende een.
Die afgelope paar maande het ons gesien hoe die hele wêreld in tientalle krisisse gedompel is weens die Covid-19 virus. En asof dit nie genoeg is nie, sien ons wêreldwyd toenemend die een protesoptog na die ander.
As ek so terugkyk oor die afgelope paar maande, is daar een ding wat baie duidelik uitstaan, en dit is dat dié wat verantwoordelik was om sekere krisisse wêreldwyd te hanteer en op te los, groot flaters begaan het.
Die hantering van krisisse is verseker nie die maklikste ding om te doen nie, en as weteskaplikes en regeringsamptenare opmors, kan niemand ons as ouers en onderwysers kwalik neem as ons ook skeeftrap nie.
Vir ons persoonlik was dit ‘n baie moeilike tyd. Wat ons egter van die begin af besef het was dat ons ons familie deel moes maak van ons “journey” en het ons hulle begin voorberei op ‘n baie moeilike tyd wat vir almal van ons voorlê.

Met die inligting wat ons bymekaar kon kry het ons almal voorberei op ‘n lang wag. Ons het hulle voorberei op wat ons vermoed die volgende paar maande vir ons sou voorlê. Vir baie was ons doemprofete, maar ons redenasie was dat ons eerder vir die ergste sou voorberei, veral omdat ons in ń vreemde land gesit het, en ons het begin bid dat dinge nie so erg sou uitdraai nie.
‘n Paar dinge het ons egter nie gedoen nie.
Ons het nooit getob oor ons probleem en ons finansies nie – ons het ernstig gebid. Ons het vasgehou aan een belofte. Die Here weet .. Hy sal sorg..!!
Ons het niemand die skuld gegee nie.
Ons het nooit ongemaklik of moeilik geraak met mekaar nie.Ons het NOOIT teenoor mekaar, ons kinders, kollegas of familie gekla oor ons situasie nie.
Ons het ons planne vir die toekoms nie uitgestel nie, maar net aangeskuif. Met die skryf van die berig (2020-06-07) het ons na ses maande se uitstel nommer 1 op ons bucketlist vir 2020 afgemerk.
Het ons dit reg hanteer? Ons sal nooit weet nie, maar dit is maar hoe ons dit gedoen het want dit het vir ons sin gemaak gedurende die tyd.
Die vraag is hoe hanteer jy – veral jy as ouer of onderwyser dit?

Tob ons? Kla ons? Blameer ons?
Hoor die kinders dag vir dag hoe min geld daar is? Hoor hulle hoe daar geen hoop meer oor is nie? Hoor hulle hoe pateties die regering en onderwysdepartment is? Sien hulle ouers wat “hooploos” ’n baie onseker toekoms in die gesig staar?
Dit is baie belangrik dat ouers besef dat dit wat kinders in dié tyd hoor, ’n ongelooflike invloed op hulle gaan hê.
Die krisis in die onderwysstelsel kan ernstig vererger word deur die negatiewe goed wat kinders in hul ouerhuise hoor oor die “onbevoegde, patetiese onderwysstelsel.”
Geen kind kan met ’n positiewe gesindheid by ’n klas instap en sy skool, onderwyser/es en die stelsel respekteer as die negatiewe gespekke die enigste goed was wat hulle vir drie maande lank gehoor het nie.
Oor die jare het ek met baie kindertjies te doen gehad – twee van my eie, twee kleinseuns, ’n pleegkind, persoonlike kontak met baie kindertjies in my eie familie, vriende se kinders, Sondag-skoolkinders, skoolkamp kinders en kinders in die klaskamer.
Een ding glo ek, en dit is “Monkey See, Monkey Do”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button