NewsNews

President Hyper Vaal sê oor werker wat positief toets

President Hyper Vaal sou Donderdag 11 Junie  weer heropen nadat dié winkel gister, Woensdag 10 Junie, onmiddellik gesluit moes word nadat een van sy werknemwers positief getoets het vir Covid-19. In ‘n boodskap  aan verbruikers wat op die winkelgroep se Facebook-blad gedeel is en wyd op WhatsApp groepe gedeel is, word gesê dat die korrekte …

In ‘n boodskap  aan verbruikers wat op die winkelgroep se Facebook-blad gedeel is en wyd op WhatsApp groepe gedeel is, word gesê dat die korrekte protokol gevolg is met ‘n professionele dekontiminasie span wat die totale winkel gesaniteer en diep reiniging gedoen het.
Die boodskap lees verder dat alle werknemers aan ‘n siftingsproses onderwerp is, en dat dié wat naby kontak met die werknemer gehad het, nou by die huis en in self-issolasie is vir ‘n tydperk van 14 dae. Die boodskap lees dat hulle  gemonitor sal word vir enige simptome voordat hulle sal kan terugkeer werk toe.
Verder word gesê dat al die werknemers se temperatuur gemonitor word op gereelde basis en dat streng higiëne maatreëls wat geimplementeer is in die winkel steeds toegepas sal word.
Elsje Vermeulen van Vaalweekblad, Parys Gazette se susterskoerant, het vroeër vanmiddag berig dat daar ‘n protes by die ingang van die winkel was omdat werkers daarop aangedring het om getoets te word vir Covid-19. Vaalweekblad berig ook dat ‘n amptelike mediaverklaring deur die bestuur uitgereik sou word wat dan deur Vaalweekblad gepubliseer sal word.

Hier is ook die skakel na die  Vaalweekblad berig wat vandag verskyn het

https://vaalweekblad.com/65184/werknemer-van-president-hyper-toets-positief-vir-covid-19/

Werkers en mense drom in protes saam in die parkeerarea van President Hyper na ‘n werker van die winkel positief getoets het vir Covid-19 en dit gister amptelik bekend gemaak is. Foto met erkenning aan Lazarus Dithagiso, Vaalweekblad

 

Related Articles

Back to top button