NewsNews

Ngwathe syfer onveranderd

So lyk die syfers nou

Hoewel die aantal positiewe Covid-19 gevalle in Fezile Dabi met 1 geval gestyg het sedert Saterdag 6 Junie, het die syfer vir Ngwathe (Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville) onveranderd gebly en staan dit steeds op 19 gevalle.

Die totale aantal positiewe gevalle in die Vrystaat staan dus nou op 370 met 10 sterftes en 162 pasiënte wat reeds herstel het.

Tot dusver is ‘n totaal van  2 150 605 siftingstoetse in die Vrystaat gedoen, en ‘n totaal van 31 936 Covid-19 toetse deur die National Health Laboratory Service (NHLS).

Die laaste sterfgeval in die Vrystaat was ‘n 37-jarige man van Marquard. Hy het onderliggende gesondheidsprobleme gehad en is in die Universitas Akademiese Hospitaal oorlede.

Related Articles

Back to top button