NewsNews

Twee vas na moord op voorman en minderjariges

Twee verdagtes is vandag inhegtenis geneem vir die moord op mnr. Hansie Raath en 2 minderjarige kinders Saterdagaand op die plaas Palmietkuil in die Vredefort-distrik. Dit danksy knap werk deur die Vredefort GPF lede, Landelike Gemeenskap Veiligheid en SAPD lede.

Twee verdagtes is vandag inhegtenis geneem vir die moord op mnr. Hansie Raath en 2 minderjarige kinders Saterdagaand op die plaas Palmietkuil in die Vredefort-distrik. Dit danksy knap werk deur die Vredefort GPF lede, Landelike Gemeenskap Veiligheid en SAPD lede.

Die verdagtes sal waarskynlik more voor die hof verskyn. Klagtes van moord, diefstal van n voertuig en diefstal van n vuurwapen word deur die polisie ondersoek.

Die voorval het Saterdagaand om 19:00 gebeur. Volgens die polisie woordvoerder knst. Maselela Langa, was die oorledene en die verdagte saam met 4 kinders in die kombuis toe die verdagte skielik na die slaapkamer is en teruggekeer het met n vuurwapen.

Volgens Langa is die wapen op die oorledene gerig en n skoot afgevuur. Twee van die kinders, 11 en 15 jaar onderskeidelik het probeer weghardloop en is toe noodlottig gewond.

Die ander kinders kon daarin slaag om weg te kom en die polisie te skakel. Die bakkie is later verlate naby Kroonstad gekry.

Die verdagte en kinders is oënskynlik vroeër die Saterdagmiddag in die dorp opgelaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button