News

Daar wag ‘n lang pad na herstel vir Leonel

Mense se harte oop vir Leonel

Hoewel die 4-jarige Leonel Riekert van Parys nog nie teen vandag, Dinsdag 9 Junie, die sig in haar linkeroog kon terugkry nie, is daar vandag op haar oog geopereer om skade aan haar retina te herstel. Nog operasies sal nou volg om te probeer om ook haar sig te herstel.

Vandag se operasie is in die Johannesburgse Ooghospitaal deur dr. Bernard Wolff gedoen waar gesien is wat die omvang van die skade aan haar ogie is, wat ernstig beseer is na ‘n fratsongeluk op Dinsdag, 2 Junie toe sy met ’n skêr wat sy in haar handjies gehou het, geval het.

Leonel kort voordat sy teater toe sou gaan.

Nadat oogspesialis, dr. Corné Gouws, verlede week die wond toegemaak het, is daar Donderdag, 4 Junie met die ondersoek gesien dat Leonel se retina weens die besering los is, en is sy na dr. Wolff, ‘n vitreo-retinale spesialis, verwys.

Die gesin het nie ’n mediese fonds nie en die staat doen tans nie sulke delikate operasies soos wat Leonel dringend moes kry om haar sig, en skade aan haar oog te probeer herstel nie.

Sedert Parys Gazette verlede Donderdagmiddag oor klein Leonel se fratsongeluk berig het, is ‘n trustfonds vir haar gestig wat deur prokureur Stefan Scheepers van Parys geadministreer word.
Mense van oral oor het eenvoudig net hul harte oopgemaak vir die gesin en is binne twee dae  R125 000 vir Leonel ingesamel wat genoeg was om vandag, (Dinsdag 9 Junie) se operasie te kon betaal, en te help met die opvolgoperasies en behandeling wat sy sal nodig hê.

Vir Leonel gaan dit ‘n lang pad na herstel wees, maar pak haar ouers, André en Mari, elke dag in geloof aan.
Hulle sê dat woorde nie kan beskryf hoe ongelooflik dankbaar hulle is vir elke oproep, boodskap, gebed of bydrae sedert Leonel se ongeluk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button