NewsNews

Komberse bring verligting in bittere koue

Komberse bring verligting in bittere koue

In tye soos hierdie waar nood ‘n werklikheid geword het, is selfs ‘n kombers in die bittere koue wat die afgelope week gevoel is, ‘n luukse in die stryd om oorlewing.
Dit is veral by kerke waar daar aangeklop word met nood. Nadat daar verlede week gehoor is van die ernstige nood by gesinne, en gevra is vir hulp, het Avbob Parys gehelp met 50 komberse wat welkome verligting kon bring.

Die komberse is afgegee by vier instansies en kerke vanwaar dit versprei is.

Hieronder tel ook die bejaardes van Sonskyn Aftreeoord, en gesinne in Parys en Vredefort waar verligting gebring is.

Die tien gesinne in Vredefort wat elk een kombers kon ontvang, se nood is deur Neo Ntholeng, raakgesien. Neo, self nog ‘n graad 11-leerder, het by die Engage noodprojek kom pleit vir van sy skoolmaats wat weens omstandighede die rol van ouers moet vervul in kind-geleide ouerhuise in Mokwallo in Vredefort.
Dankie aan elkeen wat die afgelope twee maande al uitgereik het na elkeen wat ernstige nood in hierdie tyd ervaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button