Trane van blydskap oor water

Verlede week was dit hierdie ongelooflike omgee vir ander wat gesorg het vir trane van blydskap by die 82 inwoners van Gleniffer.

Die gemeenskap van Parys het in die verlede al by herhaling gewys hoe daar in tye van nood saamgestaan kan word. Verlede week was dit hierdie ongelooflike omgee vir ander wat gesorg het vir trane van blydskap by die 82 inwoners van Gleniffer. Terwyl die dorp vir dae sonder water was, is binne minute gehelp om ‘n watertenk vir Gleniffer te kry en te koppel. Dit was danksy Mahemspan Boerdery wat onmiddellik gereageer het toe Gazette vir hulp gevra het vir hierdie inwoners.

Hulle het noodgedwonge in die bitter koue uit die rivier water geskep vir toilette en by ’n ou put drinkwater probeer kry toe ook watervoorsiening geraak is deur ‘n drie dae kragkrisis in Parys. Dit is deur ’n brand in die beheerkamer van ’n Eskom-substasie veroorsaak. Met die tenk nou op die perseel beteken dit dat dié inwoners water sal hê selfs wanneer die drinkwaterkrane droog is weens die dorp se knaende watervoorsieningsprobleme. Mahemspan Boerdery sal ook sorg dat die tenk vol gehou word. Dankie ook aan La Oma Slaghuis wat voordat die tenk gekoppel is, drie dromme water vir Gleniffer voorsien het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button