NewsNews

Hulp dringend nodig vir klein Leonel

Operasie om Leonel se sig te red dringend nodig

Dinsdag 2 Junie is ‘n dag wat die ouers van die 4-jarige Leonel Riekert van Parys nie sal vergeet nie.

Leonel het geval terwyl sy ‘n skêr in haar handjies gehou het. Die skêr het haar linkeroog en wang gepenetreer.

Die besering in haar ogie was egter baie groter as wat aanvanklik verwag is.

Oogspesialis, dr Corné Gouws het die wond Woensdagoggend toegemaak, maar vandag, Donderdag 4 Junie, is daar met die ondersoek gesien dat die retina los is en ‘n vitreo-retinale spesialis in Johannesburg dringend die herstel daarvan moet hanteer om die visie in klein Leonel se ogie te probeer red.

Die kostes van die herstel van die operasie word geraam op ongeveer R60 000. Die eerste operasie wat Leonel moes ondergaan het reeds R20 760 gekos.

Die gesin het nie ‘n mediese fonds nie, en die staat kan nie tans so ‘n delikate operasie hanteer nie.

Leonel se ouers sien môre die vitreo-retinale spesialis, in Johannesburg in die hoop om hul dogtertjie se sig te red.

As jy op enige manier hierdie gesin kan ondersteun met ‘n bydrae om die operasie moontlik te maak, kan jy ‘n elektroniese bydrae maak in die prokureurs-trustrekening waar alle fondse vir Leonel se operasie deur prokureur Stefan Scheepers geadministreer sal word.

Die bankbesonderhede vir die trustrekening is: Stefan Scheepers Ingelyf, FNB Trustrekening takkode 230736, rekeningnommer 62703192394. Gebruik asseblief die verwysing Leonel Riekert.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button