NewsNews

Oom Jan se tonnel-plan

Oom Jan se tonnel-plan

’n Boer maak ’n plan. En as dit kom by planmaak het Parys Primêr se oom Jan Erasmus wat self vir jare in die omgewing geboer het, sommer twee planne.
So sê die skoolhoof, Shaun Strydom, wanneer hy trots vertel van oom Jan en sy span se handewerk om vir die skool ’n sanitasietonnel te bou.
Soortgelyke produkte is daar vele van op die mark, maar teen astronomiese koste. Geld wat gewoon net heeltemal te buitensporig is vir enige skool om te betaal.

Maar oom Jan het dadelik geweet – hierdie ding kan hy bou met wat hy het.
Die staal was daar – net die besproeiingstelsel en drukpomp moes gekoop word. En siedaar – die skool het sy eie tonnel wat danksy oom Jan se vaardige hande teen minimale koste gebou kon word.

Die skool het besluit dat hul alles in hul vermoë sal doen om seker te maak dat die leerlinge en personeel so veilig moontlik gehou word. Daarom is vooraf baie navorsing gedoen.
Die breë spektrum middel wat in verdunde vorm in die sanitasietonnel gebruik word, word wyd in die mediese veld gebruik vir dié tipe ontsmetting, en is bio-afbreekbaar en eko-vriendelik.
En as jy kyk na die skoolterrein waar oom Jan se handewerk oral gesien kan word, weet jy hoekom die skool so trots is op hul vriendelike altyd-daar staatmaker en planmaker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button