NewsNews

Pasiënte mag plek van isolasie kies, sê hof

As jy in isolasie moet wees weens Covid-19, kan jy nou kies waar jy dit wil doen, en sal die staat jou net kan dwing om na ‘n staats isolasiegerief te gaan, as jy nie self kan isoleer nie, of weier om te isoleer, of die regulasies vir self-isolasie oortree. So is vandag in die …

As jy in isolasie moet wees weens Covid-19, kan jy nou kies waar jy dit wil doen, en sal die staat jou net kan dwing om na ‘n staats isolasiegerief te gaan, as jy nie self kan isoleer nie, of weier om te isoleer, of die regulasies vir self-isolasie oortree.

So is vandag in die hooggeregshof in Pretoria beslis nadat AfriForum die hof genader het oor die huidige regulasies wat daarop gemik is om mense wat positief getoets het vir die virus, onder verpligte staatsisolasie te plaas.

Regter J.W. Louw het ook beslis dat sou iemand tydens verpligte self-isolasie sieker word, die persoon toegelaat moet word om ‘n gesondheidsinrigting te kontak.

Vroeg in Mei het die hof ook gelas dat die Zithabiseni-kwarantynskmap naby Groblersdal  in Mpumalanga gesluit moet word en mense toegelaat moet word om huis toe te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button