NewsNews

Pasiënte mag plek van isolasie kies, sê hof

As jy in isolasie moet wees weens Covid-19, kan jy nou kies waar jy dit wil doen, en sal die staat jou net kan dwing om na ‘n staats isolasiegerief te gaan, as jy nie self kan isoleer nie, of weier om te isoleer, of die regulasies vir self-isolasie oortree. So is vandag in die …

As jy in isolasie moet wees weens Covid-19, kan jy nou kies waar jy dit wil doen, en sal die staat jou net kan dwing om na ‘n staats isolasiegerief te gaan, as jy nie self kan isoleer nie, of weier om te isoleer, of die regulasies vir self-isolasie oortree.

So is vandag in die hooggeregshof in Pretoria beslis nadat AfriForum die hof genader het oor die huidige regulasies wat daarop gemik is om mense wat positief getoets het vir die virus, onder verpligte staatsisolasie te plaas.

Regter J.W. Louw het ook beslis dat sou iemand tydens verpligte self-isolasie sieker word, die persoon toegelaat moet word om ‘n gesondheidsinrigting te kontak.

Vroeg in Mei het die hof ook gelas dat die Zithabiseni-kwarantynskmap naby Groblersdal  in Mpumalanga gesluit moet word en mense toegelaat moet word om huis toe te gaan.

Related Articles

Back to top button