
Nee dit is nie ‘n uitverkoping nie. Wat jy vanoggend in Parys se strate sien is lang toue vir die uitbetaling van maatskaplike toelae.
Dié foto is geneem van mense wat by die poskantoor in Buitenstraat hul uitbetalings moet kry.
Die ry het teen 09:00 al van die poskantoor af om die hoek by Oppi Hoek in Philipstraat gestaan.
As jy beplan het om vandag besigheid in die dorp te doen, is dit dalk raadsaam om nie-noodsaaklikhede uit te stel vir ‘n stiller dag want die dorp is BESIG en jy gaan lank staan, veral by banke, klerewinkels en kruidenierswinels.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



