News

Regulasies ongrondwetlik en irrasioneel sê regter

Regulasies ongrondwetlik en irrasioneel sê regter

Regter Norman Davis het Dinsdag 2 Junie, bevind dat die regulasies van inperking vir vlak 3 ongrondwetlik en ongeldig is, maar sal dit van krag bly totdat gewysigde regulasies uitgereik is waarvoor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma gevolglik nou tyd het tot 24 Junie om te voldoen aan die vereistes vir regulasies wat deur die hof gestel is.

Dit volg nadat die hof die verklaring van ongeldigheid vir 14 dae opgeskort het.

Opposisiepartye en burgerregte organisasies het die uitspraak wyd verwelkom.

Die dringende aansoek teen die regulasies is deur Reyno de Beer en die gemeenskapsvereniging, Liberty Fighters Network, en die Hola Bon Renaissance-stigting gebring teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in haar hoedanigheid as minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

In hul aansoek het hulle onder meer gevra dat alle byeenkomste geldig verklaar word onder voorwaardes, en dat alle ondernemings, dienste en winkels toegelaat moet word om sake te doen onder streng voorsorgmaatreëls.

Regter Davis het wel bevind dat die verklaring van die staat van inperking in reaksie op die pandemie rasioneel was, maar dat die promulgering van die regulasies vir vlak 4 en vlak 3 nie-rasioneel was ten opsigte van die doelwitte om die verspreiding van die koronavirus te vertraag nie.

Regter David het Dlamini-Zuma gekritiseer vir die laat indien van antwoordende hofstukke en toe nog haar direkteur-generaal opdrag gegee het om die aansoek namens haar teen te staan. Ook oor die gebrek aan samehorigheid van die departement ten opsigte van ander hofsake van onder andere  die DA, AfriForum, en die Fair Trade Independent Tobacco Association, wat ook teen die regulasies ingedien is.

Regter David het veral ook verwys na die irrasionele lot ten opsigte van haarkappers en mense in die informele sektor, sowel as regulasies wat geld ten opsigte van begrafnisse en nagwake teenoor die besoek en ondersteuning van familie aan siek en sterwende pasiënte. Ook die struikelblokke vir kinderversorgers, en wat betref oefening ook op strande.

Hy het wel die regulasies in terme van die onderwys, uitsettings, inisiasiepraktyke, en gimnasiums en nagklubs genoem as van die voorbeelde van rasionele regulasies.

 

Related Articles

Back to top button