News

Minister vra verskoning en sê daar was geen keuse nie

Volgende week vir matrieks en graad 7's

Nadat daar verlede week behoorlik rondgespring is om alles in plek te kry vir graad 7 en graad 12 leerlinge wat Maandag sou terug gaan skool toe, is dit op die nippertjie Sondag uitgestel na 8 Junie.
Minister Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Maandag gesê daar was geen ander keuse nie met provinsies wat nie op dieselfde gereedheidsvlak was nie. Gautengse en Wes-Kaapse skole was die beste voorberei met skole in die Vrystaat, Noordwes en Oos-Kaap wat op medium vlak van voorbereiding was.
Sowat 2634 skole het toe nog nie watertenks of voldoende watertoevoer gehad nie, is Maandag gesê. Daar was ook nog skole wat nie gesigmaskers en ontsmettingsmiddels ontvang het nie.
Die minister het gesê sy is hoopvol dat alle uitstaande kwessies die week afgehandel sal word sodat skole minstens Maandag sal kan open vir die matrieks en graad 7’s waarvoor daar by baie skole verlede week omvattende voorbereiding gedoen is om seker te maak alles moontlik word gedoen vir personeel en leerders se veiligheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button