News

Verwarring oor uitreik van permitte aan besighede deur munisipaliteite

Verwarring oor uitreik van permitte aan besighede deur munisipaliteite

Die VF Plus het dit in ʼn parlementêre vraag aan die minister gestel dat daar groot verwarring by wetstoepassingsowerhede bestaan oor optrede in dié verband aangesien plaaslike owerhede teenstrydig optree in die uitreik van permitte aan ondernemings.

Die VF Plus het ʼn permit aan die minister voorgelê wat by die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit (Kroonstad) aan ʼn onderneming uitgereik is om oor munisipale grense te beweeg terwyl dit nie toelaatbaar was nie.

Sy is gevra wat gedoen gaan word om dit reg te stel en wat die situasie is met moontlike regsgedinge van ondernemings wat verhinder word om sake te bedryf weens die verwarring wat hierdie situasie veroorsaak.

Die minister het aanvanklik geantwoord dat sy nie bewus is van die probleem nie. In ʼn opvolgvraag van die VF Plus het sy dit tog erken, maar het aangevoer daar is met die probleem gehandel.

Die VF Plus vind die antwoord kommerwekkend aangesien dit duidelik wys dat die minister nie bewus is van die nadelige gevolge van die omvattende inperkingsregulasies en die verwarring wat dit in baie gevalle veroorsaak nie, of dat sy dit probeer verdoesel.

Volgens die VF Plus verduidelik dit die regering se ongevoelige houding teenoor talle soorte ondernemings wat besig is om ekonomies onder te gaan. Dit wil voorkom asof die regering uit voeling is met die desperate werklikheid waarin talle ondernemings vasgevang is.

  • Michal Groenewald: VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede
  • Lees die oorspronklike berig hier

https://vaalweekblad.com/63677/verwarring-oor-uitreik-van-permitte-aan-besighede-deur-munisipaliteite/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button