NewsNews

Kragopwekker veroorsaak brand midde in kragkrisis

So staan n dorp se mense saam

Dis ysig koud. Die wind sny deur jou, maar oral is mense aan die skarrel. Hulle het kom help.

Vandat n buurman, Ryno Beukes, hulp gevra het toe hy die vlamme en rook uit die dak van  van ds Barry van Wyk se huis op die hoeke van Grens- en Albizzialaan sien borrel het, het mense net gekom. Soos n geoliede masjien het die bakkies met vuurvegters nader getrek en begin water spuit.

N Klein kragopwekker in n waskamer apart van die huis wat verligting moes bring in die ure wat die dorp al sedert Dinsdag sonder krag sit na n ontploffing by n substasie, was vermoedelik die oorsaak van die brand.

Maar selfs te midde van die chaos wat in oomblikke in die predikantspaar se huis ontstaan het met die verwoestende vlamme, was daar kalmte. Die kalmte in die wete dat hier n gemeenskap is wat weet hoe om te help, weet om mekaar se laste dra en weet hoe om in nood saam te werk.

Die brand kon betyds geblus word. Daar is skade, maar die brand het nie na die huis versprei nie. Niemand het seergekry nie.

Daar is  dankbaarheid. Dankbaarheid  ten spyte van. Dankbaarheid vir elkeen wat daar was. Wat gehelp het. Daar is te veel name om te noem maar in besonder dankie aan Brian Pretorius, Andries van Niekerk, Derick Lehmkuhl, Ryno beukes, Andre Swanepoel sr en jr, Fanie van Security Master, Pieter Kemp en sy span van LGV, Ngwathe brandweer, Paul de Ponte, We Care en AfriForum Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button