‘n Tweede positiewe geval van Covid-19 is vandeesweek in Ngwathe bevestig.
Die eerste geval vir Ngwathe is reeds die naweek deur die Vrystaatse department van gesondheid bevestig.
Vir die Fezile Dabi-distrik wat die Moqhaka (Kroonstad, Renovaal, Steynsrus, Vierfontein, Viljoenskroon), Mafube (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers), Ngwathe (Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron, Edenville) en Metsimaholo (Sasolburg, Zamdela, Deneysville, Oranjeville) munisipaliteite insluit, is daar teen Woensdag 26 Mei nou reeds 9 gevalle aangeteken.
Hiervan is 4 in Moqhaka, 2 in Ngwathe en 3 in die Metsimaholo munisipale gebied.
Fezile Dabi het teen 26 Mei reeds 9612 toetse vir Covid-19 gedoen en is geen sterftes nog vir die distrik aangemeld nie.
You can read the full story on our App. Download it here.