Twee personeellede van Potchefstroom MediClinic wat nie in kontak was met pasiënte nie, en ook nie met die versorging van pasiënte gemoeid is nie, het onlangs positief vir Covid-19 getoets en is in selfisolasie.
As ekstra voorsorgmaatreël word besoekers daarom tans nie by pasiënte in die hospitaal toegelaat nie, is gesê in ‘n verklaring van die hospitaal, berig Vanessa van der Westhuizen van Potchefstroom Herald.
Tot dusver is nog net 1 pasiënt met Covid-19 in die Potchefstroomse MediClinic opgeneem, maar is reeds ontslaan.
Noordwes se infeksiesyfer staan nou op 109.
Lees die oorspronklike berig hier
https://potchefstroomherald.co.za/73271/twee-personeellede-van-mediclinic-covid-19-positief/
You can read the full story on our App. Download it here.