NewsNews

Dit klop nie vanjaar by Aardklop nie

Aardklop ook afgelas

Die onsekerheid oor Covid-19 het kunstenaars se hoop dat die Aardklop Nasionale Kunstefees tog vanjaar in September gehou sou kon word, is finaal gekelder.

Die fees bestuur moes noodgedwonge ook dié fees aflas nadat verskeie opsies oorweeg is, maar  moes die besluit geneem word omdat daar ook ‘n verantwoordelikheid is teenoor kunstenaars, stalletjie-eienaars en almal betrokke by die fees, het Delmari van Zyl, bestuurder: borge, media en bemarking gesê, luidens Netwerk24. Meer as 70 000 mense besoek jaarliks die fees.

Die fees sal nou eers volgende jaar oudergewoonte September of Oktober gehou word, en nie meer vanjaar van 22 tot 27 September nie

Daar is ook gesê dat Aardklop gesprekke voer met ander feeste en vennote en dat  alternatiewe projekte intussen ondersoek word wat onafhanklik van Aardklop se voorlopige program befonds word, hetsy op tradisionele of virtuele platforms.

Bron: Netwerk24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button