NewsNews

Hierdie mense mag reis as jy aan die kriteria voldoen

Hierdie mense mag reis as jy aan die kriteria voldoen

Daar blyk goeie nuus te wees vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland studeer of werk

Netwerk24 berig Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het oor die naweek in ‘n verklaring gesê noodsaaklike reis na ander lande sal in die volgende gevalle toegelaat word:

  1. Werk
  2. Studies
  3. Gesinne wat moet herenig
  4. Permanente verblyfreg wat opgeneem moet word.
  5. Mense wat in ander lande mediese hulp moet kry

As jy om hierdie redes na die buiteland moet reis, sal jy ‘n geldige SA paspoort moet hê, ‘n brief  van die ambassade of ander diplomatieke/konsulêre verteenwoordiger van die land waarheen gereis word, en toestemming van elke land waardeur jy moet reis om by jou bestemming te kom.

Jy sal moet bewys kan lewer van jou vlieg-, bus- of treinkaartjies en ook die datum waarop jy beplan om te vertrek.

Jy moet dan jou versoek om te reis, as jy aan al die kriteria voldoen, epos na [email protected]

Mense wie se aansoeke goedgekeur word sal epos met toestemming om te reis ontvang. Jy kan ook navraag doen by die tolvrye nommer 0800 60 11 90

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button