News

Moeilike tye nie verby vir motorwagte nie

Moeilike tye nie verby vir motorwagte nie

Vir PSIRA-geregistreerde motorwagte was daar onlangs groot vreugde toe hulle kon terugkeer werk toe – maar nie vir almal nie. Van die motorwagte by Gleniffer met wie daar gesels is, vertel dat hulle by kerke en restaurante gewerk het. Plekke wat steeds selfs met vlak 3 inperkingsregulasies gesluit is.

Meeste van hierdie motorwagte het self die geld bymekaar geskraap om hulself te laat registreer, en waar hulle diens gedoen het, is daar mooi na hulle gekyk. Maar die meeste het einde Maart ophou werk. Toe die inperking verleng is, was daar van hulle wat geen ander keuse gehad het as om te gaan werk nie, al was dit teen die reëls. Die dryfkrag om vir ‘n gesin te sorg wat nie kos het nie, was groter as die vrees om gevang te word. Maar nooit was mense lelik met hulle nie. Mense het ten spyte daarvan dat hulle self minder het, nog gedink aan motorwagte.

Mark Ellis wat by O’s restaurant diens gedoen het, is een van die motorwagte wat moes gaan soek vir ‘n ander staanplek. Iets wat jy ook nie sommer net uit jou eie besluit nie. Dit word beheer en daar word skofte gewerk. Daar kan nie net sommer op kruidenierswinkels se parkeerareas toegesak word nie.

Die motorwagte wat wel kan werk, is oneindig dankbaar om terug te wees. Hul gereelde kliënte se harte is oop vir hulle. “Mense is bly om ons terug te hê. Hulle voel veilig as ons daar is.”
Vir dié wat steeds nie kan werk nie, is daar kommer oor hoe hulle gaan oorleef. Party kry maatskaplike toelae, ander nie, maar die geld wat hulle as motorwagte verdien het, het die klein gaatjies toegestop.

Een van hierdie motorwagte, Pierre Theron, wat nie PSIRA-geregistreer is nie, het diens gedoen by die Baptiste Kerk drie maal per week voor inperking.
Die gemeente was goed vir hom en hy mis hulle, maar berus daarby dat daar nie nou ‘n inkomste is nie.

Ek sal hul motorwag bly – kom wat wil, sê hy, want hulle was goed vir my.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button