NewsNews

Kyk nou so ‘n Afrikanertjie!

Kyk nou so ‘n Afrikanertjie!

Hulle het geweet hoe die maan lyk as daar groot reën kom en het selfs die diere dopgehou om hul te vertel as iets nie heeltemal in die natuur pluis is nie. Dan was daar natuurlik ook hul kennis oor watter plante is eetbaar al dan nie en watter plant of bol of knol sal nou vir watter kwaal wat jy mag hê help.

Vanoggend op ‘n vinnige stappie straat op en terug vang my oog (met die terugkomslag) die kleine blommetjie wat sommerso tussen die blare in die straat opgekom het en nou vrolik blom. In die straat! Geen sprake van kunsmis, kompos of sagte grond nie. Kry dalk wel so paar druppels boorgat water as die spreiers op die sypaadjie aan is. Dis al.

Maar die Afrikanertjie (Marigold in Engels) bring bietjie kleur tussen die dooie blare. Kleur en hoop vir hierdie tye, en ‘n bewys dat waar lewe moet wees, sal dit wees….

Lees die oorspronklike berig hier

https://vaalweekblad.com/63309/kyk-nou-so-n-afrikanertjie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button