
Dit wil lyk asof die brandstofprys genade wat motoriste die afgelope paar maande by vulstasies gekry het, nie sal voortduur in Junie nie.
Die kans is goed dat dit jou tot R1 duurder per ligter vir 95-oktaan petrol in Junie gaan kos. Die prys van brent ru-olie en die rand/dollar prys gaan egter van die deurslaggewende faktore wees.
Tans betaal motoriste R12,22 per ligter vir 95-oktaan petrol in die binneland, en R11,52 aan die kus. Diesel met o,o5% swael kos R11,09 per liter in die binneland, en R10,48 aan die kus.
Die nuwe pryse vir Junie tree op Woensdag 3 Junie in werking.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



