News

President praat môre

President praat Sondagaand

President Cyril Ramaphosa sal môre, Sondag 24 Mei,  om 19:00 met Suid-Afrikaners praat oor die jongste verwikkelinge en strategie om die verspreiding van Covid-19 in die land te beperk. Die hoop is dat daar moontlik  meer lig gewerp sal word oor die vooruitsigte om van vlak 4 inperking na vlak 3 regulasies te beweeg.

Op dag 58 van die staat van nasionale inperking staan SA se bevestigde infeksiesyfer nou op 21 343. Die Wes-Kaap alleen se infeksiesyfer staan op 12 947.

Daar is  alreeds 407 mense in die land dood aan die virus.

Wêreldwyd het ‘n  totaal van 333 401 nou al aan Covid-19 gestef, waarvan 5 663 sterftes die afgelope 24 uur was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button