News

Spanne sê mekaar die stryd aan vir hondekos-uitdaging

Spanne sê mekaar die stryd aan vir hondekos-uitdaging

Deandré Pieterse, ‘n graad 8-leerder, se vindingryke plan vir ‘n spanuitdaging het gesorg dat daar ook tydens grendeltyd ‘n verskil by die plaaslike DBV gemaak kon word.
Sy en drie van haar maats het mekaar in spanne uitgedaag om soveel moontlik hondekos vir die DBV in te samel.
Hulle noem hul spanne die Chasing Tails (Deandré Pieterse en Chanrïette Rossouw) en Doggo Squad (Wian Viviers en Nic Folley).
Skenkers kan kies namens watter span hulle hul skenking wil maak, en die span wat teen einde Mei die meeste donasies ingesamel het, is dan die wenspan.
Sover loop Chasing Tails voor, en is reeds 1 ton hondekos aan die DBV oorhandig.

Dit is ook nie die eerste keer dat Deandré die daad by die woord voeg om die DBV te help nie. In 2017 het sy ook hondekos vir die Parys DBV ingesamel deur Checkers Mini’s te ruil vir 5kg se hondekos. Haar doel was om 1 ton kos te kon oorhandig, en is 1,2 ton kos uiteindelik aan die DBV geskenk.
Maar die DBV het nie net kos nodig om na die diere in hul sorg te kan omsien nie. Jy kan ook ‘n groot verskil maak deur te help met enige skenking. Kies die span wat jy wil ondersteun, en plaas dan jou briefie met jou naam, of ‘n boodskap in die span wat jy ondersteun se briefie-boks by die DBV. Dit sal help om telling te hou.
Hou gerus ook die vordering van die projek op hul Facebook-blad, Pawsability, dop.

Wat het die DBV nodig:
* Skoonmaakmiddels
* Emmers
* Skropborsels
* Vloerlappe
* Groot emmers om kos in te berg
* Ou linne en T-hemde
* Komberse
* Kussings
* Matte
* Teddies en balle
* Blikkieskos vir katte
* Kat sand
* Ses staalpale vir hul wasgoedlyn
* Lang leer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button