BlogsOpinions

Isolasie inspirasie: ‘Die Here is altyd besig om te werk’

Wat sê mens na 114 dae van wag vir die virus om te verdwyn. Ons het gewag om siek te word. Ons het gewag om terug te gaan werk toe. Ons het gewag om te kon trek na ’n nuwe stad met ‘n nuwe werk. Ons het gewag vir nuus van die Chinese regering af, …

Wat sê mens na 114 dae van wag vir die virus om te verdwyn.
Ons het gewag om siek te word. Ons het gewag om terug te gaan werk toe. Ons het gewag om te kon trek na ’n nuwe stad met ‘n nuwe werk. Ons het gewag vir nuus van die Chinese regering af, en nou wag ons elke dag vir ‘n bietjie goeie nuus van Suid-Afrika af.

Ons sien dinge wat nie goed lyk nie, en ons wonder of die regering opgewasse is om iets soos dié te kan hanteer. Ons sien gesinne honger ly, mense wat skelm iets probeer doen vir ’n brood op die tafel vanaand, en ons lees die koerantberigte van hulle wat deur die gemeenskap ‘gesplit’ word omdat hy/sy eerbaar ’n paar rand probeer verdien.
My hart krimp ineen as ek besef dis OK om sigarette en drank te smokkel en op snaakse maniere te bekom, maar o wee, daar moet tog net nie ’n eerbare uur se werk gedoen word nie, want dis teen die wet.

Suid-Afrika se ‘21 dae vakansie’ het ontaard in ’n 60 dag oorlog met mense wat honger ly, misdaad wat toeneem, wetstoepassers wat hulle magte oorskry, en politieke leiers wat nie eers in hul eie geledere dieselfde deuntjie kan sing nie.

Alhoewel ons kan begin werk is die uitdaging vir ons nie verby op dag 114 nie.

Die moontlikheid van tweede en derde uitbrake hier is ’n werkliheid soos wat in die Chinese media berig word. Tans poog hulle om 14 miljoen mense in 10 dae in Wuhan te toets nadat nuwe gevalle daar aangemeld is.
Sekere skole en universiteite is reeds gesluit in daardie dele.
Elkeen van ons ervaar sy eie persoonlike uitdagings wat deur die virus voor ons voete gelê word.
Vir ons is dit die feit dat ons die geboorte van ’n nuwe bulletjie in ons kraal gaan mis in Augustus.
En dan praat ons nie van al die verlang nie.

Een ding weet ons egter. Sonder die Here se hand in ons lewens sou hierdie 114 dae ’n nagmerrie gewees het.
Ek verstaan nie veel van wat die Here se wil is, en wat nie Sy wil in ons lewens is nie, maar een ding is ek verseker van – Hy is altyd besig om te werk, maak nie saak wat jou omstandighede is en waardeur jy nou gaan nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button