NewsNews

Só help skool met ‘laai-en-laat-waai kuberkol’

Só help skool met ‘laai-en-laat-waai kuberkol’

As kitskos bestel so maklik soos deurry, bestel en betaal kan wees – hoekom nie ook jou huiswerk so maklik kry nie.
Met die data gogga wat in grendeltyd aan ouers se sak byt, en die uitdagings van stadige internetlyne, het Parys Primêre skool nou met die blink plan van ‘n “laai-en-laat-waai kuberkol” vorendag gekom.

Shaun Strydom, skoolhoof van Parys Primêr, vertel dat die skool bewus is van die behoefte vir data juis nou omdat onderwysers aanlyn via Google Classroom en ander digitale platforms klaswerk en huiswerk moet deurgee.

Die uitdaging was egter hoe om ouers te help met data sodat alle leerlinge toegang tot die klas- en huiswerk sal hê.

In samewerking met Vengaland, is die skool se parkeerarea omskep in ‘n kuberkol waar ouers en kinders hier toegang kry tot Google Classroom om die leerders se werk vir die week af te laai. Die instruksies vir hoe die laai-en-laat-waai kuberkol werk, sal op Google Classroom gelaai word, en kan ouers voor die skool by die rooi merkers wat op die palissade aangebring is parkeer, inteken en die werk blitsig aflaai. Die stelsel laat verskeie gebruikers gelyktydig toe teen 30 minute per gebruiker per dag.

Maar hoe gemaak met gesinne met meer as een kind wat huiswerk moet aflaai? Ook hieraan is gedink met die kinders wat met hul eie slimfone kan inteken, terwyl ma en pa dalk met hul skootrekenaar of selfoon inteken.

Die stelsel bied behoorlike beskerming en sal gebruikers net op Google Classroom kan inteken.

En siedaar, sodra jy gelaai het, kan jy laat waai!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button