News

Polisie sluit motor skoonmaak besighede in Vanderbijl

VANDERBIJLPARK. – Verskeie motor skoonmaak besighede (car washes) in Vanderbijlpark moet weer sluit nadat hul onder fase 4 van die inperking permitte gehad het om hul normale dienste te lewer. Die sluitingsopdrag volg kort nadat motorhandelaars die groen lig gegee is om weer te mag oopmaak. Alle motors wat gekoop en verkoop word moet egter …

Die sluitingsopdrag volg kort nadat motorhandelaars die groen lig gegee is om weer te mag oopmaak. Alle motors wat gekoop en verkoop word moet egter ‘n profesionele skoonmaak ondergaan, iets wat nie gedoen kan word as die motor skoonmaak besighede gesluit is nie.

Na bewering het Kapt Wilken van die SAPD in Vanderbilpark die opdrag vir die sluiting van die besighede gegee onder opdrag van ‘n ongenoemde streekskommisaris. Dit wil ook blyk asof die sluiting net vir voertuig skoonmaak dienste in Vanderbijlpark geld en dat die in Vereeniging steeds kan funksioneer.

Anton Myburg van Anton Myburgh Attorneys in Vanderbijlpark het ‘n brief aan die SAPD gerig om uitklaring namens die betrokke besighede te verkry. Mnr. Myburgh het gesê die saak sal verder gevoer word indien die SAPD nie bewys kan lewer dat wette oortree word sou hierdie besighede voortgaan met dienslewering nie.

Volgens regulasies wat op 29 April gepubliseer is, kan besighede wat skoonmaakdienste lewer weer funksioneer solank daar aan sekere voorwaardes voldoen word en die nodige voorsorgmaatreëls in plek is.

Na bewering is die eerste van die motor was besighede reeds op 13 Mei gedwing om te sluit nadat die eienaar met ‘n boete of arrestasie gedreig is. Dit terwyl die betrokke besigheid wel die nodige sertifikaat gehad het en aan alle verestes voldoen het.

Op Sondag, 17 Mei 2020, moes nog een van die motor skoonmaak besighede in die dorp sluit na dreigemente van die polisie. Dit is lynreg teen die Disaster Management Act regulasies van 29 April 2020 wat stipuleer dat skoonmaakdienste mag funksioneer. Mnr Myburgh het gesê daar is nog geen terugvoer ontvang van die SAPD oor die saak nie. Hy is wel in besit van ‘n brief van die aanklaer se kantoor in Vereeniging wat ook aandui dat ‘n voertuig skoonmaak besigheid met die korrekte dokumentasie wat alle maatreëls in plek het wel mag oop wees.

Lees die oorspronklike berig hier:

https://vaalweekblad.com/62803/polisie-sluit-motor-skoonmaak-besighede/

Related Articles

Back to top button