
Die organiseerders van OCSA en die Red Ribbon voedselprojek in Parys sê dankie aan elkeen wat in hierdie tyd hul harte en beursies oopgemaak het vir mense in nood.
Dankie aan Checkers, Pick n Pay, Spar, Choppies, Parys Rotary Club, Hy-Line, anonieme skenkers, Parys Sekuriteit en CSS Sekuriteit, boere wat reeds bygedra het tot die Cocid-19 voedingskema en al die vrywillige werkers en gemeentes van Parys.
“Dit is opvallend dat hulle wat soms die minste het, die meeste gee. So was daar selfs mense wat twee potte vol kleingeld gebring het wat herinner aan die Bybelse gelykenis van die muntstuk,” sê die organiseerders wanneer hulle praat oor die gesindheid van die gemeenskap om te help.





