News

Maskers is ook nou goeie besigheid!

Maskers is ook nou goeie besigheid!

Ek het by my eie praktyk al verskeie masker-entrepreneurs ontmoet. Party van die maskers is heel vindingryk met mooi motiewe en goeie kwaliteit.
Tans dui kliniese toetse daarop dat maskers effektief is om die oordrag van die virus te verminder van ‘n persoon wat die virus het, na ander persone. Die dra van maskers in die publiek is ook die mees effektiefste om virus verspreiding te bekamp, as almal saamwerk. Dis nou baie duidelik dat die virus vinnig oorgedra kan word selfs deur ‘n gewone gesprek, sonder dat ‘n persoon hoes of nies. Wat dit bemoeilik, is dat baie persone met Covid-19 geen simptome toon nie.

Selfs tuisgemaakte maskers of “buffs” is egter baie effektief om verspreiding van die virus te keer. Dit is wel interessant dat studies toon dat maskers uiters oneffektief is om infeksies soos influenza en rhinovirus te keer.
Ongelukkig het nie almal toegang tot maskers soos wat in hospitale gedra word nie, wat nog te sê van N95 maskers. As jy ‘n masker koop – onthou dat katoenmaskers meer effektief is as ander materiale.

Ten opsigte van algemene effektiwiteit is weggooibare chirurgiese maskers (gewoonlik ligblou gekleur met rekkies wat agter die ore pas, beduidend meer effektief as tuisgemaakte maskers). Tuisgemaakte maskers kan egter tot 65% beskerming bied en is dus heelwat meer voordelig as om geen masker te dra nie.
Tuisgemaakte maskers kan herhaaldelik gedra word indien dit goed en reg skoongemaak word.

Wenke rondom die sorg van maskers:
* Maak seker jy dra ‘n skoon masker.
* Was jou hande voor jy jou masker opsit.
* Tel die masker aan die rekkies op en hak dit om die ore.
* Die masker moet om jou mond en neus pas.
* Moenie aan jou masker vat as jy dit dra nie, slegs die rekkies.
* Was die masker in die wasmasjien of met die hand met seep en warm water.
* Tuimeldroog op hoë hitte.
* Maskers kan ook gestryk word.
Daar is geen mediese bewyse dat die dra van maskers jou siek kan maak nie.

Die volgende beginsels is baie belangrik en geld steeds om virus verspreiding te beperk.
* Was jou hande gereeld met seep.
* Handhaaf sosiale afstand.
* Dra gesigmaskers
* Tuis afsondering indien jy positief getoets is.
* Kontak opsporing van mense wat in kontak was met ‘n persoon wat positief sou toets vir Covid-19.
“Ek vertrou dat hierdie inperkingstyd dalk net die katalisator was om weer gesinsbande te kon smee, verhoudings te herstel en om nader aan ons Skepper te kom.”

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button