As jy moet trek is dit hoe dit nou werk
Jy word nou toegelaat om te trek maar daar is moets en moenies. As jy van een plek na ‘n ander in ‘n stedelike gebied of dorp verhuis, het jy nie nou ‘n permit daarvoor nodig nie. As jy egter van een provinsie, metro of distrik na ‘n ander moet verhuis, het jy wel ‘n …
Jy word nou toegelaat om te trek maar daar is moets en moenies.
- As jy van een plek na ‘n ander in ‘n stedelike gebied of dorp verhuis, het jy nie nou ‘n permit daarvoor nodig nie.
- As jy egter van een provinsie, metro of distrik na ‘n ander moet verhuis, het jy wel ‘n permit nodig. Die permit moet jy by die hoof van ‘n landdroshof kry of ‘n persoon wat deur hom/haar aangewys is. Dit kan ook by die bevelvoerder van ‘n polisiestasie gekry word.
- As jy vir die permit aansoek doen, moet jy bewys kan lewer van die nuwe huurkontrak van die eiendom waarheen jy verhuis, en die ou huurkontrak van die eindom waarvandaan jy verhuis wat nou beeïndig is.
- Jy moet ook kan aandui hoeveel mense deel is van die huishouding wat trek.
- Waar jy ‘n nuwe eiendom gekoop het, moet jy bewys hê van die verkoop van die huis waaruit jy verhuis, en die koopkontrak van die nuwe eiendom.
Dieselfde reëls geld natuurlik ook vir besighede wat nou moet verhuis.
Waar dit ‘n geval van gesinsgeweld is, moet die persoon wat verhuis, ‘n afskrif hê van die bevel van die hof.
Onthou dat die grasie gegee is vir mense wat net voor die nasionale staat van inperking sou trek en dit toe nie kon doen nie, met die uitsondering van gesinsgeweld gevalle wat nou bygevoeg is.
Onthou dat slegs diegene wie se eiendomsoordrag voor 27 Maart al afgehandel was vir die nuwe huis of sakeperseel, of as jou huurooreenkoms voor of tydens vlak 5 van inperking (27 Maart tot 30 April) geteken was, nou kan trek.




