NewsNews

Vyf nuwe COVID-19 gevalle in J.B Marks bevestig

Die vyf nuwe gevalle het almal kontak gehad met die verpleegster wat verlede week by Promosa Kliniek positief vir die virus getoets het.

Noordwes Gesondheid het vyf nuwe gevalle van COVID-19 in die J.B Marks munisipaliteit vanoggend (Vrydag, 15 Mei) bevestig. Die vyf nuwe gevalle het almal kontak gehad met die verpleegster wat verlede week by Promosa Kliniek positief vir die virus getoets het.

Nadat ‘n kontaklys opgestel is van mense wat met die verpleegster in kontak was, is daar vroeër die week bevestig dat een van haar kollegas ook positief getoets het. Die twee verpleegsters wat by die kliniek gewerk het, is onderskeidelik 52 en 41 jaar oud.

Die totale infeksies in J.B Marks kom nou op nege te staan.

Klerksdorp het ook ‘n nuwe geval bygekry. Dié geval is positief getoets by ‘n padblokkade in Gauteng.

Daar is altesaam 58 mense in die Noordwes provinsie wat positief vir die koronavirus getoets het. Uit hierdie 58 het 28 al herstel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button