NewsNews

Dis neusie verby vir die Comrades

Daar sal nie vanjaar ‘n Comrades-marathon wees nie. Vanjaar sou die 95ste jaar gewees het dat die baie gewilde en geskiedkundige marathon aangebied sou word, en sal ook dié besluit ‘n reuse ekonomiese impak hê. Aanvanklik is gehoop om die marathon net te kon uitstel na September, maar blyk ook dit nie moontlik te wees …

Daar sal nie vanjaar ‘n Comrades-marathon wees nie.

Vanjaar sou die 95ste jaar gewees het dat die baie gewilde en geskiedkundige marathon aangebied sou word, en sal ook dié besluit ‘n reuse ekonomiese impak hê.

Aanvanklik is gehoop om die marathon net te kon uitstel na September, maar blyk ook dit nie moontlik te wees nie met die uitdagings rondom Covid-19 en die verwagting dat syfers nog kan styg.

Vanjaar sou 2 500 buitelandse atlete en 25 000 Suid-Afrikaners deelgeneem het.

Comrades 2021 sal dus nou  die 95ste marathon wees  wanneer daar vir die 47ste keer ‘n af-wedloop gehardloop sal word van die Pietermaritzburg stadsaal t ot by die Moses Mabhida-stadion in Durban

In die verlede was dit net van 1941 tot 1945 dat die marathon nie aangebied kon word nie weens Wêreldoorlog II.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button