Dis neusie verby vir die Comrades
Daar sal nie vanjaar ‘n Comrades-marathon wees nie. Vanjaar sou die 95ste jaar gewees het dat die baie gewilde en geskiedkundige marathon aangebied sou word, en sal ook dié besluit ‘n reuse ekonomiese impak hê. Aanvanklik is gehoop om die marathon net te kon uitstel na September, maar blyk ook dit nie moontlik te wees …
Daar sal nie vanjaar ‘n Comrades-marathon wees nie.
Vanjaar sou die 95ste jaar gewees het dat die baie gewilde en geskiedkundige marathon aangebied sou word, en sal ook dié besluit ‘n reuse ekonomiese impak hê.
Aanvanklik is gehoop om die marathon net te kon uitstel na September, maar blyk ook dit nie moontlik te wees nie met die uitdagings rondom Covid-19 en die verwagting dat syfers nog kan styg.
Vanjaar sou 2 500 buitelandse atlete en 25 000 Suid-Afrikaners deelgeneem het.
Comrades 2021 sal dus nou die 95ste marathon wees wanneer daar vir die 47ste keer ‘n af-wedloop gehardloop sal word van die Pietermaritzburg stadsaal t ot by die Moses Mabhida-stadion in Durban
In die verlede was dit net van 1941 tot 1945 dat die marathon nie aangebied kon word nie weens Wêreldoorlog II.





