News

‘Ons is trots op ons personeel’

‘Ons is trots op ons personeel’

Om deesdae die woorde Google Classroom of Zoom in ‘n huis te hoor, is niks nuuts nie.
Terwyl baie ouers die afgelope weke dalk meer bewus geraak het van die waarde van ‘n onderwyser, het aanlyn leer-inisiatiewe, ook nuwe uitdagings vir onderwysers gebring.
Uitdagings wat beslis nie vir alle onderwysers ewe maklik is nie, veral met aanlyn onderwys wat vir meeste Suid-Afrikaners tot onlangs toe onbekende terrein was.
Maar sê Shaun Strydom, skoolhoof van Parys Primêr, hy is trots op die skool se onderwysers en dié enorme uitdaging wat hulle kreatief en met soveel geesdrif aangepak het.

Juis daarom is daar vandeesweek uitgereik na die skool se onderwysers toe Shaun en sy vrou, Adele, met die hulp van Allezeth Ribberink, Jeanette Kerling en Bella Smit, gesorg het vir ‘n tuisgemaakte muffin, ‘n sakkie cappucino en ‘Born to stand out knopie’ wat so vinnig in die verbygaan vir elke onderwyser afgegee is.
Die gedagte – om dankie te sê vir soveel toewyding met ‘n klein bietjie bederf.

Juffrou Sandra van Huyssteen wat Maandagoggend soos die res van die personeel van Parys Primêre skool, ‘n spesiale bederfpakkie ontvang het om dankie te sê vir hul toewyding om kreatief klas te gee via digitale platforms gedurende inperking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button