NewsNews

Van skoene met toe tone tot hemde onder ‘n ander kledingstuk: So lyk die klerelysie

Dit is wat jy nou mag koop

Tot dusver is daar steeds baie verwarring by Jan Publiek oor die moets en moenies van vlak 4 inperking. Minister Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het Dinsdag 12 Mei, egter in die Staatskoerant meer duidelikheid gegee oor die volledige klerelysie van wat jy nou sal kan koop.

Sedert 1 Mei toe daar na vlak 4 inperking beweeg is, het mense reeds in ellelange toue voor klerewinkels gestaan en kan die uitstappie veral op dae wanneer maatskaplike toelaes uitbetaal word en daar meer beweging in die strate is, jou ‘n tydjie neem omdat klerewinkels net ‘n beperkte aantal kliënte in die winkel toelaat.

Ten spyte daarvan dat daar nou meer duidelikheid is oor wat toelaatbaar is om te koop, is daar ook fel kritiek oor van die voorskrifte op die klerelysie.

Hier is wat jy nou kan koop:

  • Jy kan alle baba en kleuterklere en skoene koop.
  • Jy kan klere, onderklere en slaapklere vir kinders koop.
  • Jy kan selfs skoolklere en skoolskoene  koop.
  • Kraamdrag mag gekoop word.
  • Onderklere en nagklere vir volwassenes
  • Skoene vir volwassenes, maar hier kom die reëls in  vir toe tone –  stewels, pantoffels, hakskoene, plat skoene, tekkies of ander skoene vir ontspanning, netjies skoene – die mag jy alles koop maar mits die skoene toe is voor. En dis juis reëls soos hierdie wat Jan Publiek warm onder die kraag het.
  • Volwasse klere kan jy koop van truie, baadjies, jasse, rokke en rompe, langmoubloese, T-hemde, denims, langbroeke, en dan kortmoutruie waar dit aangedui word jy dit onder ‘n ander kledingstuk dra, spanbroeke, gholfhemde en eenstukke en dan kort- en langmouhemde wat onder ‘n ander kledingstuk gedra word.
  • Jy kan ook serpe, musse, handskoene, kouse, hoede en bykomstighede wat by oefendrag pas, koop
  • Haarbykomstighede
  • So is daar al tou gestaan voor Pep Stores in Parys verlede week. 

Wat beddegoed betref sal jy lakens, kussingslope, duvets en dekens, komberse, donskomberse, elektriese komberse, kussings en beddegoed en komberse vir babas kan koop.

Related Articles

Back to top button